Elsa Eksteen

19 Jan 2016

Geagte Mev Kritzinger,

Hiermee wil ek net baie dankie se vir die uitstekende en Professionele diens wat ek ontvang het van Mev Loraine Weideman voor en tydens die verkoop van my woonstel.

Niks was vir haar te veel moeite nie en sy het uit haar pad uit gegaan om my te help en raad te gee. Selfs na die verkoop kan ek haar nog steeds skakel en dan help sy en gee advies.

Ek is baie dankbaar dat ek gehoor het van julle by Mev Maroveck en julle staan kop en skouers uit bo die agente met wie ek al te doen gehad het.

Die positiewe en vriendelike gesindheid wat sy openbaar het, is van onskatbare waarde vir die kliënte en vir julle besigheid.
Ek wil ook net my dank betuig teenoor Liza van der Merwe wat ook uitstekende diens lewer en ek sal met vrymoedigheid julle by enige koper of verkoper aanbeveel.
Met opregte waardering.

Vriendelike groete
Elsa Eksteen